Archive for September, 2008

Ons wil net weer onder almal se aandag bring:  die Suidlanders kommunikeer met ons mense deur middel van hierdie webwerf, en ook deur Suidlander Funksies (wat deur mense in die omgewing waar die funksie gehou word, gereël word).

Verder is daar die DVDs (5 so ver).  Ons kommunikeer NIE deur middel van e-posse of SMSe met lede nie.

Van leser HeinG ontvang ons die volgende bydrae:  Hein sê dat ‘n kennis van hom (afgetrede weermaglid) onlangs ‘n slagoffer in ‘n voertuigroof was.  Die man is fisies aangeval.  Volgens die slagoffer (wat eerstehandse kennis van militêre opleiding het), was die aanvallers definitief militêr opgelei – dit is duidelik uit hulle beplanning en optrede.

Net nog ‘n aanduiding dat die inligting wat al meer en meer onder ons aandag kom (dat ons onder militêre aanval is as ‘n Volk), korrek is.

Leser Melanie het vir ons geskryf om te sê sy het so ‘n dehidreerder, en dat die masjien besonder goed werk.  Sy berig dat dit omtrent enige vrugte of groente kan droog.  Melanie sê ook dat dit baie goed werk as die vrugte eers met strooisuiker besprinkel word (voordat jy dit droog).

Met die 4×4- en buitelewe-industrie wat onlangs baie gewild geraak het, is kampeer-toerusting nie goekoop nie, en met die finansiële toestand waarin meeste van ons mense hulself bevind, is dit baiemaal moeilik om goed voor te berei.

Hierdie webwerf bevat HOPE inligting oor tuisgemaakte kampeertoerusting.  Let op die skakels in die kieslys op linkerhand.

Leser SC het ‘n verslag ingestuur oor twee gewapende rooftogte wat hulle by hul drankwinkel (Pretoria omgewing) gehad het.  Die eerste rooftog was in 2006, die tweede in 2007.

In beide gevalle is die rooftog deur ‘n groep van 3 uitgevoer.  Hulle was jonk (d.w.s. nie eks-MK lede nie), goed geklee en baie professioneel.  Hulle het geweet hoe om hulself te posisioneer om die hele winkel te dek, het omrent glad nie met mekaar gepraat nie, en het blykbaar hand-tekens gebruik om met mekaar te kommunikeer.

Hierdie laasgenoemde feite dui op (militêre of para-militêre) opleiding.  Volgens SC is hulle ook deur ‘n (swart) kliënt gewaarsku dat witmense daarop ag moet slaan as swartes praat van “wittes doodmaak”.

Leser(es) Chantel het ons laat weet dat sy son-lanterns by Checkers (Pretoria) raakgeloop het teen R139 stuk.

Sy het ook navraag gedoen oor dehidreerders, Verimark verkoop nie so ‘n produk nie, maar TEVO wel.  Die produk behoort dus by winkels soos Game en Dion beskikbaar te wees.  Volgens die verkoopspersoneel kan dit selfs vleis droog in sowat 9 ure.  Chantel sê sy hoop om dit binnekort self te probeer.

Ons sien uit daarna om weer van Chantel te hoor met terugvoer oor die werking van die produk.

‘n Suidlander funksie word beplan te Joostenberg Vlakte vir die 17de Oktober 2008 om 19:30.

Die onderleier van die Suidlanders sal as spreker optree.

Al die Suidlander dvd’s sal te koop aangebied word.

U sal hier die geleendheid he om mense in u omgewing te ontmoet, en sodoende die inskakeling by omgeegroepe te vergemaklik. 

Alle persone wat belangstel om die funksie by te woon kan gerus u kontak besonderhede (cell no of e-pos adres) sms na  082 7705 399 , noem asseblief die hoeveelheid persone wat wil bywoon. Die adres van die funksie sal saam met die bevestiging aan u deurgegee word.

Die program vir die Nasionale Biddag 20 September 2008, te Pietersburg (Geloftefees terrein, Dendron pad), is soos volg:

09h00 – 10h00 : Aankoms, ontspan

10h00 – 10h10 : Verwelkoming, Anton Dreyer

10h10 – 10h30 : Johan Willemse:  Geloftedag, Hemelvaart, Verskroeide Aarde

10h30 – 11h30 : Nasionale Biddag, Diens

11h30 – 12h00 : Voorstel van area leiers

12h00 – 17h00 : Braai en Kenmekaar!

Vir diegene wat daarvan hou om dinge self te doen of te maak, plaas ons hierdie skakel na “Vintage Farm Plans“.  Dit bevat artikels uit ou boeke (soortgelyk aan die ou Popular Mechanics tydskrifte) met planne om ‘n wye verskeidenheid goed self te maak.

Planne sluit houtwerk idees, speelgoed, plaastoerusting ens. in.  Jy kan selfs ‘n kitaar of ‘n boot leer maak.

Lees gerus hierdie artikel wat die fisiologie van die menslike oog bespreek, ten opsigte van aanpassing van die oog vir nag-sig.

Die artikel bevat ook baie interessante en leersame wenke (“Tactical Action Tips”) om mens te help om die beste moontlike nag-sig te “ontwikkel” (wat om nie te doen nie ens.)