Archive for September, 2008

Die nuus dat Trevor Manuel ook bedank het, tesame met meer as 10 ander ministers is een van die slegste scenarios wat in die onseker tye kon gebeur. Die markte het die nuus reeds begin voel, en gaan verseker ‘n redelike negatiewe lopie he weens die nuus. Die vraag is nou of die ANC die situasie gaan kan red.

Hou styf vas, hier kom ‘n rowwe rit!

‘n ANC vergadering wat Sondag gehou was by Lusikisiki Training College het tot geweld oorgegaan toe van die ANC lede mekaar met klippe begin bestook het. Daar is toe ook skote afgevuur en ‘n persoon is gewond in die kop en nog twee ander in die bene. lees gerus die artikel hier

Alhoewel die voorval voor mnr Mbeki se amtelike bedanking plaasgevind het, laat dit sekere vrae opkom by ‘n mens.

  1. Aangesien dit ANC lede was wat geweldadig geraak het teenoor mekaar, was dit as gevolg van die tweespalk wat nou duidelik vergroot in die ANC?
  2. Gaan die tipe otrede van hier af vorentoe die norm word wanneer die ANC met sy interne verskille byeenkom?
  3. Hoe lank voor dit aanleiding gee tot grootskaalse geweld regoor die land?

Leser “C” het die volgende aksie verslag deurgestuur:

“Daar was ook ‘n poging tot gewapende roof verlede Vrydag in ons buurt. Twee hoewes van ons af het drie gewapende rowers die elektriese omheining geknip en daarna voortgegaan om teen die ’spotlight’ se paal op te klim blykbaar in ‘n poging om dit buitewerking te stel. Toe een van die persoon se werkers dit sien en op hulle skree, is op hom geskiet. Daarna het hulle doodluiters van die eiendom af weggestap. Ons bly net buite Pretoria in ‘n buurt wat tot dusver selde probleme ondervind het.”

Die eerste wat hieruit duidelik na vore kom is dat baie mense met ‘n vals veiligheidsgevoel sit as hulle elektriese heinings om hulle wonings het, hier kan gesien word hoe maklik dit is vir die boosdoeners om sonder seremonie die drade te knip.

Die volgende is die feit dat hulle die ligte wou beskadig om natuurlik ongesiens te kon voortgaan, maar wat baie duidelik die arrogansie van die boosdoeners beklemtoon is dat hulle na hulle op iemand geskiet het doodluiters weg gestap het. Dit beklemtoon die feit dat skurke nie vir een oomblik die SAPD vrees nie, en weet dat indien die inwoners / slagoffers die SAPD sou bel vir hulp, hulle eers heelwat later daar gaan aankom. 

Na aanleiding van druk wat op die regering geplaas was deur die ANCYL kry Mbeki die trekpas. Wat baie interresant is, is dat die druk wat op die regering geplaas is deur die ANCYL so “sterk” was, dat die besluit sonder vreeslike teenstand geneem is om Mbeki uit sy pos te onthef.

Ons het reeds verlede week uit verskeie bronne verneem dat die jeugdiges en ander kommuniste bereid was om volgens hulle eie woorde ‘n “CIVIL WAR” te begin as Mbeki nie teen maandag (vandag) uit sy pos verwyder word nie. Die feit dat die besluit (sonder teenstand) so gou en dringend geneem is, is verseker ‘n bewys dat die persone wat die dreigemente gemaak het, oor die vermoë besit om wel dan die land in totale chaos te kan dompel. Dit is ook aan die anderkant ook ‘n aanvaarbare afleiding dat die veiligheidsmagte nie oor die vermoë besit om dan so ‘n situasie te kan hanteer en keer nie.

Hierdie gebeurtenis is dan nou ook niks anders as ‘n politieke STAATSGREEP nie. Hierdie staatsgreep is ‘n bewys van WIE werklik in beheer van die land is. Wat natuurlik dan vir ons tot groot kommer is in die situasie is dat die RADIKALE ELEMENTE wat verantwoordelik is vir die situasie nou oor soveel mag besit, dat hulle binne 7 dae die parlement kan laat ontbind deur net dreigemente van geweld te maak. Dit is ook ‘n aanduiding van hoe bewus die top bestuur van die land is van die vermoëns van die elemente.

Die onthoofing van die regering gaan verseker ook ‘n invloed op die land se ekonomie tot gevolg he. Beleggers gaan verseker in die wereldwye onseker tye nou ook meer versigtig wees om in die land te belê. Dit skep ook groot politieke onsekerheid in die land, en kan dit verseker ook aanleiding gee tot verdere verdeeldheid in die geledere van die ANC, wat dan baie maklik ook kan aanleiding gee tot faksie gevegte wat heel moontlik in die afsienbare toekoms gesien kan word.

Wat nou bitter belankrik is om te sien watter lede van die parlement nou uit hulle poste gaan bedank, dit sal verseker die rigting aandui wat ingeslaan gaan word.

Ons wonder egter hoe groot die “geldmag” se aandeel in hierdie situasie is?

Die konsensus is wel ook selfs van ons kant af dat Mbeki nie in staat was om die land te regeer nie, en het hy telkemale bewys dat hy nie aan beheer van sake gestaan het nie. (Ons het dit nou weer gesien).

Die bid dag die pas afgelope naweek was verseker een van die mees suksesvolle Suidlander byeenkomste nog. Die saal waarin die verrigtinge gehou was, was letterlik te klein vir almal wat opgedaag het en het daar selfs mense buite die deur gestaan en luister.

Die biduur was geken aan opregte en emosionele gebede vir ons land en ons mense. Die gebede was ‘n getuienis van die opregte bekommernis oor die situasie in ons land, en die totale afhanklikheid van ons Skepper se genade en beskerming. Dit was absoluut wonderlik om die atmosfeer tydens die biduur te ervaar.

Gustav het van die geleentheid gebruik gemaak om die Onderleier (Johann Le Roux) amptelik bekend te stel.

Die persone wat die funksie bygewoon het, het almal baie positiewe terugvoer gegee oor die bespreking wat deur Johann gehou was, wat gehandel het oor die regs aspekte van volksmoord. Verseker is die onderwerp een van die mees belangrikste in die tye waarin ons leef. Dit is verseker ‘n onderwerp wat al meer na vore moet kom, en waarna daar in baie meer detail gekyk moet word.

Gustav het ook nog nuwe inligting bespreek wat verseker weer die situasie waarin ons onsself bevind absoluut beklemtoon. Hy het dan ook van die geleentheid gebruik gemaak om met ‘n dame, wat in die vroeë sestigs tydens die volksmoord in die (Belgiese) Kongo, betrokke was by die hantering van die vlugtelinge, te gesels. Dit was voorwaar absoluut skokkend om eerstehands te hoor wat daardie mense deurgegaan het. Dit het ook weereens beklemtoon hoe maklik so ‘n situasie kan ontstaan en hoe belangrik dit is om voorbereid te wees.

Saterdag aand het Gustav en Johann ook die aanstellings van Provinsiale verteenwoordigers, Organiseerders en sameroepers gedoen met die oorhandiging van ‘n Bybel aan elkeen van die persone. Ons wil dan ook hier van die geleentheid gebruik maak om elkeen van die persone wat die aanstellings aanvaar het geluk te wens met hulle aanstellings, en ook om hulle te bedank vir die feit dat hulle buiten hulle normale lewens bereid is om op te offer ter wille van hulle medemens. Dit is verseker net ‘n besonderse persoon wat bereid is om ten koste van hulself so ‘n taak op hulself te neem. (persone wat nie die geleentheid kon bywoon nie wat se aanstellings nog bevestig met word sal gekontak word, en verdere reëlings sal getref word)

Die vroue het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die amptelike vroue aksie te loods, en is dan ook op die naam “Suidersterre” besluit. Die Suidersterre gaan verseker vir al die Suidlander vroue ‘n groot aanwins wees, en wil ons dan ook vra dat al die vroue so gou moontlik daarby betrokke raak. Die Suidersterre gaan verantwoordelik wees vir onder andere die volgende:

  1. Medies (Kursusse, medikasie ens)
  2. Suidersterre (Vroue) kampe
  3. Suidersterre webtuiste
  4. Kook boeke (die eerste sal binnekort beskikbaar wees)
  5. Insameling van klere en ander behoeftes vir vlugtelinge
  6. Voorbereiding van vroue vir noodsituasies
  7. Baie ander “lekker” geleenthede

Ons wens hiermee dan ook die Suidersterre baie sterkte toe, en vertrou dat die vroue baie suksesvol sal wees met alles wat hulle sal aanpak. (Die vrouens is so opgewonde oor die aksie, en het so baie in die motor op pad huis toe lekker geklets oor al hulle planne, dat ons manne verseker jaloers is)

Die persone wat teenwoordig was, was baie verteenwoordigend van al die provinsies. Daar was ‘n wonderlike gees van eensgesindheid wat onder almal geheers het. Almal teenwoordig het verseker die naweek nie net nuwe vriende gemaak nie, maar het ook “familie” bygekry.

Daar was ook dan tydens die geleentheid ‘n dvd opgeneem, die beeldmateriaal was so baie dat daar besluit is dat dit op ‘n dubbel dvd uitgegee sal word. Dvd 6 behoort binne die volgende 3 weke beskikbaar te wees, die prys sal sodra die dvd’s beskikbaar is op die webtuiste aangekondig word.

Baie dankie aan almal wat die naweek bereid was om by te woon, in baie gevalle ver te reis, en om die naweek in so ‘n goeie gees deur te bring. Ons het verseker hierdie naweek beleef wat dit is om as ‘n Suidlander bekend te staan!

SUIDLANDERS, KNEGTE VAN DIE ALLERHOOGSTE TEEN DIE HELE WERELD VRY!!!

Leseres Joey het ons laat weet dat sy ‘n dehidreerder by Makro gekoop het vir R499.  Sy droog van groente tot eiers.

Groente word vir 5 minute gestoom, en dan op die rakkies van die dehidreerder geplaas (sy doen dit oornag).  Die volgende oggend verpak sy die gedroogde groente in ‘n vakuumverpakking.

Vrugte word in heuning gedompel en gedroog.  Maalvleis en eiers word gaargemaak, dan gedroog.  Joey sê sy maak tot biltong met die dehidreerder.

‘n Interessante aanhaling van Dr. Gary North (‘n Amerikaanse finasiële adviseur), oor die probleme wat banke in Amerika ondervind (spesifiek Lehmans Brothers):

“Lehman Brothers Holdings has gone bankrupt. Here is a firm that was founded in 1850. It survived the Civil War and the Great Depression. It did not survive the current breakdown. Anyone who thinks this crisis is some minor affair is not paying attention.”

Ons haal aan uit ‘n berig in die Beeld:

“Die feit dat die vervolgingsgesag wil voortgaan met die saak …is ‘n oorlogsverklaring teen ons mense,” het Cosatu se KwaZulu-Natalse sekretaris, mnr. Zet Luzipho, geseê.

Hier het ons ‘n ampsdraer van Cosatu, wat ‘n wettige aksie van ‘n regeringsorganisasie as ‘n oorlogsverklaring op die lede van sy organisasie sien.

Beteken dit die Cosatu lede gaan nou in militêre optrede teen regerings-instansies betrokke raak?  Is dit terrorisme of ‘n poging tot ‘n staatsgreep?  Wat sal die regering hiervan sê?  Wat sou gebeur as die Suidlanders so ‘n stelling maak?

Indien dit nodig is om vir ‘n lang periode in ‘n boskamp-situasie te oorleef, sal bewaring van brandstof ‘n belangrike rol speel. Of mens nou op gas, paraffien, etanol-jel of alkohol vertrou vir die voorsiening van hitte, indien vervanging nie beskikbaar is nie, sal daar spaarsamig te werk gegaan moet word met dit wat mens het.

Daar is natuurlik baie oplossings vir die probleem, soos die “Wonder Box” waarvan ons in ‘n vorige bydrae vertel het, of die konsep van “Thermos cooking” (soortgelyk aan die “Wonder Box”). In meeste van hierdie tegnieke is dit egter belangrik om die korrekte toerusting te hê, of ten minste te weet hoe om die toerusting te improviseer indien nodig. Die gebruik van die bogenoemde konsepte vereis ook ‘n sekere mate van beplanning (en dit help om die tegnieke in te oefen).

Hierdie toerusting en tegnieke kan help dat mens se voorraad brandstof baie langer hou as om dit op die konvensionele manier (wanneer hervoorsiening nie ‘n probleem is nie) te gebruik. Mens sal ook van die begin af moet probeer om hout ens. as brandstof te gebruik, sonder om die omgewing waar mens bly, kaal te stroop van enige brandstof (soos die gewoonte in Afrika is).

Son-kook-tegnieke (“solar cooking”) is ‘n handige alternatief.  Hier is ‘n skakel na ‘n goeie hulpbron oor die onderwerp.

Indien jy dus van die oortuiging is dat ‘n langtermyn kampeeruitstappie ‘n moontlikheid in ons toekoms is, nou is die tyd om te begin voorsiening maak.

In Amerika is daar ‘n groot groep “voorbereiders” wat ‘n finansiële ineenstorting sien as die sneller vir ‘n landswye (wêreldwye) krisis met anargie as gevolg.

In die ou dae het “survivalists” voorberei op ‘n kern-oorlog. Hulle voorbereidings was dan ook in die vorm van skuilings wat bestand was teen bestraling, en kon hierdie mense vir lang tye in die skuilings oorleef.

Vandag word ‘n finansiële ineenstorting gesien as ‘n waarskynlike oorsaak vir ‘n ineenstorting van die samelewing soos ons dit ken. Daar is baie bekende skrywers (boeke en op die internet) wat vir verskeie jare al waarsku dat die Amerikaanse (en inderdaad, die res van die wêreld se) finansiële stelsel inherent “gebreek” is, en dat al die inmenging van die regering (in Amerika) net die probleem vererger.

Hierdie skrywers en sg. “doemprofete” voel dan nou dat die onlangse faling van vier groot Amerikaanse banke (Fannie Mae, Freddie Mac, Merrill Lynch en Lehmans Brothers) hulle teorie korrek bewys. Die manne waarsku verder dat hierdie net die begin van die probleem (d.w.s. die punt van die ysberg) is.

Een van die groot waarskuwingstekens wat deur die voorstanders van ‘n ekonomiese ineenstorting genoem word, is dat mense (wat bekommerd is dat hulle bank ook in die moeilikheid is) toue by die banke sal vorm om geld te trek (wat natuurlik dan verhoogde spanning plaas op die bank se geldvoorsiening).

In Amerika is daar ook nou (onbevestigde) berigte dat banke meer en meer uit kontant raak (d.w.s. teen die tyd wat die pantservoertuig met geld opdaag, is die kluis reeds leeg). Dit dui maar net op ‘n groter-as-normale onttrekkings patroon. Moontlik nog ‘n aanduiding dat die man op straat agterkom wat op televisie aan hom vertel word, nie noodwendig die waarheid is nie?

Of ‘n finansiële ineenstorting nou lei tot anargie en die afbreek van die samelewing, of nie, dit raak al meer en meer duidelik dat voorbereiding om selfversorgend te wees, ‘n GOEIE IDEE is. As jy nog nie begin het met voedselberging, en ander voorbereiding nie, nou is die tyd.  Belangrik:  moenie jou geestelike voorbereiding afskeep nie!