Archive for Augustus, 2008

Volgens ‘n berig in die Beeld van saterdag 30 Augustus is 300 persone wat paramilitere opleiding ontvang het naby Hluhluwe in Natal onder arres geplaas. Die persone het hulle self klaarblyklik die South African Unintegrated Forces (SAUIF) genoem.

Volgens die berig het die persone wat opleiding ontvang het onder andere bestaan uit voormalige lede van Mkhonto we Sizwe van die ANC en IVP se selfbeskermings eenhede.

Die groot vraag wat ons egter het is wat hulle nou eintlik met hierdie opleiding wou bereik?

Lees gerus die beeld berig by die skakel: BEELD  

Hier is sommer vier stukkies terugvoer ontvang van “bostokkelos”. Ons plaas dit (amper) onveranderd. Dankie!

———

‘n Goeie en een van die belangrikste beleggings wat jy op die stadium kan maak is ‘n “bullet proof vest”. Veral vir die vrouens en kinders. Die manne wat voor gaan vat moet aan so iets dink dit kan jou lewe meer as een keer red. Kontak jou naaste gun shop vir pryse en keuses.

Nota van Redakteur:  ‘n Koeëlvaste baadjie is ‘n duur stuk toerusting, en (een of meer) kan moontlik ‘n gesamentlike aankoop in ‘n omgee-groep wees.  Dan sal dit help as die baadjie effens verstelbaar is, omdat dit deur verskillende persone gedra sal word.

———

Pick & Pay het ‘n wonderlike reeks water suiwerings toestelle en bottels met filters in vir veilige suiwering. Die reeks word deur Brita vervaardig. Die waterbottels het n stewige en doeltreffende filter in en kos maar R78. Saam kan jy ook water suiwerings tablette koop wat maar R30 ‘n pakkie kos van twaalf tablette. Een tablet suiwer een liter water.

———

Almal kyk “Survivor”, hulle verkoop daai magnesium en flint vuuraanstekers wat jou maande kan hou. Dit kos maar 90 rand. Saam met dit kan jy ook “fuel tablets” koop (soos in die ou weermag “rat packs”). Moenie ou teesakkies weggooi nie, gooi dit in n glas fles met paraffien in en voila!! jy het jou eie Blitz gemaak. Een tee sakkie steek ‘n vuur aan.

———

‘n Aanbeveling is die Energizer kop flitsies wat die rooi liggies saam met die twee wit led liggies in het, rooi sien mens nie van ver af in die aand nie, en versteur ook nie jou nagsig nie. Goed vir as jy nie raakgesien wil word nie en jy het lig nodig. Gaan so veel as moontlik met LED flitse, hulle battery lewe is min of meer 50 ure as hy aaneen skyn, briljant.

Hiermee net ‘n herinnering aan die Suidlander Funksies wat van 17 tot 20 Oktober in die Kaapstad omgewing gehou sal word.

Meer inligting kan verkry word deur vir Jacques te skakel op 0827705399.  Bel vir Jacques en laat hom weet hoeveel vriende jy saambring.

Ons kry nou meer gereeld bydraes van leser bostokkelos.  In sy nuutste pos noem hy dat hy ‘n demonstrasie van “anti smash-&-grab film” (‘n lagie polikarbonaat wat op jou motor se ruite geplak word, gewoonlik met ‘n effense tint) bygewoon het.

Hy kon die motor se ruit in die demonstrasie eers met die sewende hou breek (met ‘n verstelsleutel (“shifting spanner”).  Enigiemand wat al in so ‘n situasie was, sal kan getuig dat hulle jou ruit breek, jou selfoon/skootrekenaar steel, en wegkom binne enkele sekondes.

Hierdie film gee aan jou ‘n bietjie ekstra tyd, sowel as die byvoordeel dat kriminele nie maklik in jou voertuig kan insien met getinte ruite nie.  Dit kan ook jou lewe red in die geval waar ‘n baksteen langs die pad deur jou ruit gegooi word.

Onthou egter dat voorruite volgens wet nie getint mag word nie.

:1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê

:2 Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here HERE: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie?  

:3 Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie;

:4 julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid.
 
:5 So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak.
 
:6 My skape dwaal rond op al die berge en op al die hoë heuwels; ja, oor die hele oppervlakte van die aarde is my skape verstrooi, sonder dat iemand na hulle vra of hulle soek.
 
:7 Daarom, o herders, hoor die woord van die HERE:
 
:8 So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat my skape’n prooi geword het en my skape as voedsel gedien het van al die wilde diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders na my skape nie vra nie; en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar my skape nie laat wei nie—
:9 daarom, o herders, hoor die woord van die HERE!
 
:10 So sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen die herders! En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie.
 
:11 Want so sê die Here HERE: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg.
 
:12 Soos ‘n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid.
 
:13 En Ek sal hulle uitlei uit die volke en versamel uit die lande en hulle bring in hul land; en Ek sal hulle laat wei op die berge van Israel, in die klowe en in al die bewoonbare plekke van die land.
 
:14 Op ‘n goeie weiveld sal Ek hulle laat wei, en op die hoë berge van Israel sal hulle weiplek wees. Daar sal hulle lê op ‘n goeie plek en wei in ‘n geil weiveld op die berge van Israel.
 
:15 Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here HERE.

Leser “bostokkelos” se terugvoer oor buitebandherstel:

‘n Vinnige noodherstel vir ‘n gat in ‘n buiteband is ‘n “self tapping screw” wat gom gesmeer word en in die gat ingedraai word.

‘n Ander handige stukkie noodtoerusting is ‘n kort buigbare pypie met twee klep-verbindings (soos wat op ‘n botteltjie “Tyre Weld” voorkom), wat jou toelaat om die pap wiel met lug in die spaarwiel op te blaas.

Leser KobusV stel voor dat elkeen vir hom ‘n stelletjie koop om buitebande mee te herstel.  Dis bedoel vir binnebandlose bande, en bestaan uit ‘n spesiale hand-”boor” waarmee jy eers die gat (deur bv. ‘n spyker veroorsaak) skoonmaak, en dan ‘n spesiale handvatsel waarmee die prop (‘n taai stuk rubber wat amper soos bruin “liquorice” lyk) in die gat geplaas word.  Soms is daar ook ‘n gom in ‘n buisie wat aangewend moet word.

Die stelletjies is algemeen by buitelewe winkels beskikbaar, of in die voertuig afdeling van groot winkels soos Game.

Tesame daarmee is ‘n pomp ‘n noodsaaklikheid, pompe kom in handmodelle, voetmodelle of elektriese modelle.  Onthou, as ‘n elektriese pomp R29 kos, kan dit nie van baie hoë gehalte wees nie!  Dieselfde geld vir ander pompe.

‘n Kannetjie (of ‘n paar) “Tyre Weld” (wat in die band ingespuit word, en die lekkasie seël) is handig as die lekplek nie te groot is nie en daar moet haastig weer beweeg word.  “Tyre Weld” is nie bedoel as ‘n permanente regmaak oplossing nie.

Leser StacyP het die volgende gedig ingestuur:

ONS VOLKSTRYD

ONS VOLK IS ONDER TUG
VERPLIG OM ONS KENNIS BLINDWEG IN HIERDIE DUISTERE  SITUASIE IN TE RIG,

DIE HOOP IN GOD MAG NIE BESKAAM

HIERDIE SINNELOSE UITWISSING VAN ONS VOLK,
VERSPLINTER MY BOEREHART SOOS ‘N VERPLETTERENDE DOLK.
EN DIE HAAT VERTEER IN MY SOOS ‘N  NIMMEREINDIGENDE SWAELVUUR,
VIR ELKE BLOEDDORSTIGE EINDE VAN MY MEDEBOER SE AFGRUWELIKSTE LYDENDE UUR

ELKE ASEMTEUG, ELKE SEKOND,
RAAK ONS STRYD AL HOE FELLER MET ELKE MORESTOND.

SY AAN SY MET ONS HERDER,
MAAK HY ONS GELOOF IN HOM, MET DIE VOLK AL HOE STERKER

ELKEEN SE DAG KOM,
MET VERANTWOORDING AAN GOD SE MENSDOM,
KOM VOLK, ONS STAAN OP VIR ONS CHRISTENDOM”

VOLK, GAAN OP JOU KNIEE,
KOM ONS VRA GOD SE VERGIFFENIS VIR DIE BLOEDRIVIER  EED, WAT ONS NIE NAGEKOM HET IN ONS ALLEDAAGSE WEE,
“BID AS BOERVOLK BYMEKAAR,
DAT CHRISTENE ORALOOR AAN DIESELFDE KANT SKAAR, IN GOD ONVERNIETIGBAAR”

IN ONS GEJAAGDE TYD,
NEEM MEESTE VAN DIE VOLK NIE AG OP DIE KOMENDE STRYD,
ONS ALMAL IS SLAGOFFERS VAN DIE ONDERDRUKKING,
ONTHOU, DIE STRYD IS ALLEENLIK GOD S’N

‘N BOODSKAP VIR DIE JEUG:
MOET NOOIT VERGEET VAN JUL VOOROUERS SE DEUG!

HIER KOM ‘N TYD VIR BAIE SMART,
SAAM MET GOD AAN ONS KANT,
VEG ONS , EN KRY TERUG, DIE BOERVOLK SE LAND!

EK WEET DEUR IN GEBED MET U AAN SY
SAL ONS  TEEN DIE ANTICHRIS GEDY.
KNEGTE VAN DIE ALLERHOOGSTE TEEN DIE HELE WERELD VRY!

Ons het ook die volgende terugvoer gekry:

“Solar lanterns en solar flitse (R99) is beskikbaar by Mr Price sport. Daar is ‘n hele paar solar gadgets wat mens nou daar kan aanskaf.”

———-

‘n Leser het ook genoem dat “super glue” (cyanoacrylate) handig in ‘n bos-situasie kan wees.  Hy sê tereg dat die goed 1001 gebruike het, onder andere die toeplak van snye (sonder steke).  Dit is blykbaar waarvoor die gom oorspronklik ontwikkel is.

In antwoord vraag wat aan ons gestuur is:  Op die eerste vier DVDs (wat sover versprei word) is daar geen kopiereg nie.  U is vry om kopieë te maak en onder u vriende te versprei.

Ons wil egter die volgende noem:  Op Suidlanders Funksies word die DVDs te koop aangebied, sowel as bo-aan die bladsy deur Naomi te kontak.  Die DVDs is die enigste vorm van inkomste wat die Suidlanders tans genereer, en dit dek nie naastenby die koste van die Funksies nie.  Byvoorbeeld, by ‘n onlangse funksie was die vervoeronkoste alleen oor die R3000, en die verkoop van DVDs het slegs R200 ingebring.

Die uitdra van die boodskap word dus privaat gefinansier, en dit werk tans baie negatief in op die effektiwiteit.  Indien jy dus die DVDs versprei, doen ons ‘n beroep op die ontvangers om dit te oorweeg om ‘n donasie aan die Suidlanders te maak.

Ons kyk ook nou na die plasing van advertensies op die webblad om die onkoste van die webblad te dra, en voorkeur sal gegee word aan besighede van ons mense.  Ons wil nie die webblad oordonder met advertensies nie, so as iemand belangstel, reageer asseblief op hierdie pos.