Archive for Julie, 2008

Daar word noodhulp klasse gereel binne die volgende 2 weke in die Springs, die klasse sal gratis aangebied word.

Ons sal aanbeveel dat indien u beskikbaar is dat u dit bywoon, dit kan verseker baie waardevol wees.

Kontak ons gerus by (kontak) vir verdere besonderhede.

In nog ‘n bydrae van Rocco ontvang ons die volgende advies:

Na ongeveer 3 weke in sy kamp het hulle baie reën in stortbuie gekry, wat alles onder water gelaat het.  Baie van sy voorraad was nie so goed geberg soos wat hy gedink het nie, en hy het ‘n klomp kos verloor.  Kartondose om kos in te stoor, is nie ‘n goeie idee nie, al is die voorraad onder seile trek die vog van die grond af in.  Hy stel voor dat voorraad soos meel, suiker, sout, koffie en ander droë rantsoene in 2 liter koeldrank bottels geseël word.  Gebruik ook plastiekhouers wat kan seël of toeknip.

As dit so nat is, kan selfs ‘n goeie paar skoene of stewels vinnig die gees gee.  ‘n Goeie idee is reënstewels (“Wellington boots”, of “wellies”).  Hulle is goedkoop, duursaam, hou jou voete droog, en (dankie Rocco vir jou ondervinding) ‘n slang pik nie deur hulle nie.

Rocco sê ook hy het ‘n hele paar Bic aanstekers gehad, en toe dit so nat was, kon hy darem steeds vuur maak.  Hy beveel aan dat mens altyd sorg dat jy genoeg droë vuurmaakgoed het.

Die Suidlanders beplan ‘n funksie vir die Vaal Driehoek om gehou te word in Vanderbijlpark op die 22 ste Julie 2008 om 19:00.

Belangstellendes kan gerus bespreek deur ‘n e-pos te stuur na johann(@)suidlanders.co.za

Besonderhede sal per e-pos bevestig word

‘n Suidlander Funksie te Pretoria word gereel vir die 23 ste Julie 2008 om 18:30 vir 19:00. Dit sal gehou word in die Queenswood omgewing (Naby die Pretoria Akademiese Hospitaal).

As gevolg van die feit dat ons beperkte spasie het sal ons ongelukkig net op besprekings kan werk en sal dus moet vra dat u sitplekke sal moet bespreek.

Besprekings kan per e pos gedoen word by johann(aapstert)suidlanders.co.za

Noem asseblief die hoeveelheid mense vir wie u wil bespreek, en verskaf asseblief u e-pos adres waarheen u bevestiging gestuur kan word. (Ons sal ook op die web plaas sodra die besprekings sluit)

As gevolg van die baie navrae uit die Pretoria omgewing sal ek aanbeveel dat u die funksie bywoon om sodoende in aanraking te kom met groepe in u direkte omgewing.

Oor die afgelope 3 maande was daar verskeie Suidlander Funksies gehou reg deur die land en het ons die geleendheid gehad om letterlik met duisende mense te gesels.

Graag wil ek dan nou ook net so paar punte uitlig van dit wat ons wel tussen die mense waargeneem het.

Baie mense het verseker onder ‘n groot wan-indruk verkeer oor wie en wat die Suidlander inisiatief is en wat ons doel is. Dit het ook duidelik geword dat oor die algemeen die meeste mense na afloop van ons gesprek, ‘n baie beter idee gehad het waarvoor die Suidlanders staan. (Geloof in ons Skepper en die liefde vir ons mense)

Dit het ook baie duidelik na vore gekom dat ons jong mense baie verward is rakende hulle eie toekoms in ons land. Dit spruit uit die situasie waar ons jong mense dit baie moeilik vind om werk te kry en ook omrede ons taal, kultuur en morele waardes gebuk gaan onder baie groot aanslae. Die feit dat baie volwassenes vanwee sekere regerings beleid jare lank vasgevang is in poste waar hulle geen bevordering kry en dus nie kan vorder met betrekking tot hulle drome nie, het ook ‘n groot invloed op die jeug. Dit alles gee aanleiding tot verskillende grade van depressie, en kry ons al meer mense wat moed verloor het. Daarom is dit baie belangrik dat ons baie aandag gee en moeite moet maak met ons jong mense, hulle moet bystaan en weer ons Christelike waardes en normes in hulle moet vestig. Slegs deur ons geloof in ons VADER en SKEPPER, en ons vertroue op HOM te plaas kan ons weer ons menswaardigheid terug kry.

Baie mense het al baie gedoen ter voorbereiding vir ‘n moeilike tyd, maar net so is daar ook die wat nie die vermoë het om voor te berei nie. Ons het gevind dat daar onsettend baie mense is wat BAIE doen om hulle mede gelowiges te ondersteun, en dat die liefde tussen ons mense vir mekaar daagliks meer en meer word.  Dispute word op sy geplaas, gesinne kom weer bymekaar uit, en elke een van ons wat in geloof werk kry elke dag weer “familie” by.

Die misdaad in die land is een van die HOOF redes tot kommer vir AL die mense met wie ons gesels het, en dit het baie duidelik geword dat die ondersteuning wat omgee groepe vir mekaar gee, lei tot beter bewusmaking van mense in die selfde omgewings van dit wat om hulle aangaan. Oplettendheid, en die feit dat daar mense in jou direkte omgewing is wat jou kan ondersteun ten tye van nood, het die gevolg dat baie mense nou ook meer en meer gerus kan raak in hulle direkte omgewing. Die feit dat mense nou ook meer en meer oplet en moontlike probleme identifiseer in hulle direkte omgewing, dra daartoe by dat mense nou pro-aktief kan optree om misdaad te bekamp.

‘n Belangrike punt is ook dat mense besef dat onwettige optrede net aanleiding gee tot meer probleme en nie regtig enige oplossings bied nie. Mense raak soms ongeduldig wanneer hulle privaatheid en sekuriteit geskend word, en dan wil hulle op emosionele vlak reageer teenoor diegene wat aanleiding gee tot die situasie. Na ons geprekke met die mense het ons gevind dat die mense oor die algemeen meer rustig raak, en eerder meer konsentreer op wettige optrede eerder as emosionele optredes. Jy beteken immers meer vir jou gesin en medemens wanneer jy elke dag by die huis kan wees as wanneer jy in die gevangenis moet sit omdat jy uit woede opgetree het.

Ons gaan verseker deur baie onseker tye, daar is soveel wat ons daagliks sien gebeur om ons wat ons soms kan laat moed verloor, veral as ons moet dink aan ons kinders se toekoms. Ek wil egter vandag vir almal vra dat elke een van ons elke dag vir ons HEMELSE VADER moet vra dat HY ons sal beskerm, en ons weer moed sal gee. Ons land het verval in sonde en misleiding ten opsigte van ons geloof, maar ek weet dat HY die wat werklik suiwer is van hart sal beskerm, en ons weer tot ons reg sal laat kom as ons HOM ken in alles wat ons doen.

Namens al die Suidlanders wil ek ook al die mense bedank wat bereid is om op te staan en ‘n verskil in jou gemeenskap te maak. Ware leiers word nie gekies nie, dit is die wat in geloof en empatie vir sy medemens bereid is om homself diensbaar te stel tot die diens van sy VADER en sy medemens. Vir elke persoon wat in sy hart ‘n Suidlander is wil ek ook sterkte en sëen toewens, dit is julle wat onder mekaar die hoop weer vestig onder jou eie mense.

Indien enige persoon ‘n Suidlander Funksie in jou omgewing wil reël, kontak ons gerus by webmaster(aapstert)suidlanders.co.za

Ons nie-amptelike boskamp-raadgewer (die persoon oor wie ons gister geskryf het wat vir 9 maande in ‘n onttrekkings-tipe boskamp gewoon het), het belowe om ons gereeld van sy ondervindinge te vertel sodat almal daaruit kan leer. Ons sal hom in die toekoms Rocco noem.

Vandag se bydrae handel oor lig in ‘n kamp sonder infrastruktuur (d.w.s. elektrisiteit). Rocco beveel aan dat mens NIE met kerse of flitse alleen probeer regkom nie – kerse in ‘n tent is in die algemeen nie ‘n goeie idee nie, en flitse werk lekker op kort kampeer-uitstappies, maar is nie prakties vir langer periodes nie.

Rocco en sy familie het twee son-lanterns soortgelyk aan hierdie gehad, en hulle is elke dag in die son geplaas om weer te herlaai. Hy reken sonder hierdie lanterns sou hulle verlore gewees het (hulle wou nie op hul (groot) batterye staatmaak nie.  Gaan na www.solarsun.co.za om te bestel.

Leser Chris stel voor dat tuisgemaakte vuur-aanstekers soos voorheen beskryf (gebruikte teesakkies in paraffien gedoop) met een van daardie vakuum-seëlaars in plastiek gestoor word.  Dan verdamp die paraffien nie, dis nie morsig nie en kan vir ‘n lang tyd gestoor word.

Ons het ‘n bydrae van ‘n leser ontvang wat ‘n aspek aanspreek waaraan ons nog nie gedink het nie:  hierdie leser het op ‘n stadium 9 maande in ‘n “bos-onttrekking” situasie geleef en rapporteer dat sy klere, veral broeke, ‘n probleem geword het.

Die rede is dat hy redelik gewig verloor het, en van ‘n 34 grootte broek na ‘n 30 grootte broek geval het.  Hy sê hemde was nie so ‘n groot probleem nie, maar om broeke te dra wat te groot is, is ongemaklik.  En dis iemand wat gemiddeld gebou is, en nie as oorgewig geklassifiseer sou word nie.

Dit is in elk geval belangrik om na fiksheid om te sien as deel van voorbereiding.  Om gewig te verloor, is werk, maar daar is natuurlik voordele aan fiksheid onafhanklik van die aspek van krisis-voorbereiding.

Vir diegene wat hul kosvoorraad al ‘n jaar of meer gelede reg gehad het, nou is ook ‘n goeie tyd om die voorraad te begin ruil.  Begin om van die gestoorde voorraad te eet, en dit wat gebruik word, aan te vul met nuwe produkte. Dit hou die vervaldatums van die gestoorde voedsel goed in die toekoms.

In Amerika het die “survivalists” ‘n gesegde:  “Eat what you store, and store what you eat”.  Onthou dat jou gestel gewoond gaan moet raak aan die vreemde kos as jy nie by die bogenoemde gesegde hou nie.

Leser JacquesF stuur die volgende wenk:  Hy gebruik ou teesakkies wat in paraffien gedoop is, as tuisgemaakte vuur-aanstekers.  Dit kan ook gebruik word as ‘n hitte-bron om water te kook of kos te maak.

Leser NicoV berig dat hy Glowsticks van ‘n plaaslike verspreider gebruik (www.glowstick.co.za) in oorlewingskampe wat hy vir skoliere aanbied.  Hy sê die prys is tussen R5 en R10, dit is in verskillende kleure beskikbaar.

Nota van Redakteur:  Soos in die oorspronklike verslag genoem, is die rakleeftyd van die produkte óf kort, óf onbekend.  Die prys is aantreklik, maar dit is dalk wys om die gloei-tyd te toets, sowel as die rakleeftyd.  Neem hierdie faktore in ag wanneer ‘n besluit geneem word.