Archive for Julie, 2008

Die legendariese Amerikaanse beleggingsbestuurder Barton Biggs (voorheen by Morgan Stanley) het aan die begin van hierdie jaar ‘n nuwe boek met die titel “Wealth, War and Wisdom” gepubliseer.  Hy is veral kundig op ontluikende markte.  Hier is ‘n interessante aanhaling uit die nuwe boek:

“part of your diversification strategy should be to have a farm or ranch somewhere far off the beaten track but which you can get to reasonably quickly and easily. Think of it as an insurance policy…Your safe haven must be self-sufficient and capable of growing some kind of food. It should be well-stocked with seed, fertilizer, canned food, wine, medicine, clothes, etc. Think Swiss Family Robinson. Even in America and Europe there could be moments of riot and rebellion when law and order temporarily completely breaks down.”

As dit is wat Barton Biggs van Amerika en Europa se stabiliteit dink, sal ons graag sy opinie oor die omstandighede in Suid-Afrika wou hoor.

Hier is ‘n bydrae uit die ou Google Groups e-pos lys (ingestuur deur JacquesF):

Maak 200g tot 300g maalvleis met net sout gaar.  Strooi dit op ‘n bakplaat en droog dit in die oond teen 100 grade C.  Roer gereeld.  Na 60-90 minute sal dit soos grond lyk, dan is dit reg.  Dit kan ook dan vakuumverpak word om langer te hou.

Om weer te eet:  Bedek die gedroogde maalvleis met water, en laat week dit vir 30 minute.  Gooi dan die water af, en verhit.

Volgens ‘n studie wat gedoen is deur TNS het die optimisme oor die land se toekoms baie sterk gedaal onder ALLE bevolkingsgroepe. Om na die studie te kyk, lees gerus hier.

Dit is baie insigewend as ons in ag neem dat dit nie net die blanke bevolking is wat meer negatief is oor die toekoms van ons land nie. Die ekonomie en misdaad blyk veral die hoof oorsake te wees tot die daling wat dit dus duidelik maak dat niemand in die land gevrywaar word van dit nie.

Dit word meer en meer belangrik dat daar leierskap in die land kom, om die probleme aan te spreek. Die huidige leiers blyk baie te praat maar vorder nie tot by die daad om foute te herstel nie. Elke persoon moet ook begin besef dat al is sy bydraes minimaal, dit bydra tot die groter prentjie.  

Soos reeds voorheen genoem is ons tans besig om teen misdaad inisiatiewe te identifiseer wat reeds in plek is, omdat ons glo dat dupplisering nie noodwendig altyd ‘n goeie idee is nie.

Ons was vandag in gesprek met mnr. Nantes Kelder van Afriforum met betrekking tot die inisiatiewe wat hulle in plek gestel het om misdaad in ons woonbuurtes te bekamp.

Dit het verseker na vore gekom dat daar aansienlike raakpunte tussen Afriforum en die Suidlanders is met betrekking tot misdaad voorkoming.

Daar sal dus nou skouer aan die wiel gesit word, en na deeglike evaluering van die inisiatiewe wat aan ons uitgewys word sal dit so spoedig moontlik aan u deurgegee word sodat indien u wil, u van dit kan gebruik maak in u eie omgewing.

Ons moet te alle tye onthou dat indien elke persoon sy/haar deel doen, al is dit hoe klein, dit tog ‘n positiewe uitwerking op ons samelewing kan he. Die Suidlanders is niks anders as mense wat alles binne die wette van ons land in die stryd sal werp, om ons eie veiligheid in ‘n reeds erg misdaad geteisterde land te bevorder nie. Onthou, u kan uself nie uitspreek teen misdaad indien uself nie binne die wette van die land optree nie. ALLE Suidlanders spreek hulself ten sterkste uit teen enige vorm van geweld of wetteloosheid.

Indien u verkies om uself met onwettighede besig te hou, kan u dus uself nie ‘n Suidlander noem nie, en kan u ook nie enige hulp van ons verwag nie. 

Laat weet ons gerus van die wettige inisiatiewe in u area wat resultate lewer met betrekking tot die veiligheid van u omgewing, dit is dalk net dit wat iemand anders kan help.

Die volgende Suidlander Funksie op Pietersburg sal gehou word op die 13de Augustus 2008 om 19:00.

Dit sal weer plaasvind in die saal van die jagtersvereeniging.

‘n Suidlander Funksie word gereel op Nylstroom op 6 Augustus 2008 om 18:00.

Die adres sal hier gepubliseer word sodra dit bevestig is. Vir navrae kontak ons asb by navrae

Gaan kyk gerus by Alan T. Hagan se voedselberging FAQ vir nuttige inligting oor die stoor van voedsel.  Die blad hanteer ook watersuiwering en daar is baie inligting oor rakleeftye.

Indien jy nie baie plek het om ‘n groentetuin aan te lê nie, hier is ‘n interessante webwerf met ‘n alternatiewe metode (vertikale tuinmaak):  GardensUp!

Ons Suidlanders is gewoond daaraan om voor te berei, en meeste van ons het ‘n sekere hoeveelheid kos wat gestoor word vir wanneer ons nie kos kan koop nie. Van ons roteer hierdie voorraad op ‘n gereelde basis, gebruik die oudste en vul met nuwe voorraad aan.

Het enigiemand al daaraan gedink dat sommige van ons sigarette meer nodig het as kos? As jy een pakkie sigarette per dag rook, rook jy omtrent een sigaret elke uur. Hoe lank kan jy sonder sigarette gaan voordat dit jou begin beïnvloed? Indien jy nie weet nie, stel ons voor dat jy onmiddellik werk maak om uit te vind. Vra iemand na aan jou om op te let of dit jou konsentrasie, spanningsvlakke ens. beïnvloed as jy vir ‘n paar dae nie rook nie. Geïrriteerdheid is ‘n algemene simptoom van onttrekking, en een wat ons nie sal kan bekostig in ‘n krisis nie.

Alhoewel ons nie voorsien dat ons (Suidlanders) in ‘n nasionale krisis situasie fisies vir iemand gaan moet “wegkruip” nie, is dit ook belangrik om te besef dat jy nie kan rook indien jy probeer om nie opgemerk te word nie.

So, indien jy afhanklik is van sigarette (fisies of psigologies), nou is die tyd om iets daaromtrent te probeer doen, of om voorsiening te maak vir jou afhanklikheid.

In die Romeinse Ryk is soldate gedeeltelik in sout betaal. Die hoeveelheid sout het van hul rang afgehang. Om in sout betaal te word, het in Latyn as “salarium” bekend gestaan – die wortel van die woord salaris. “Sal dare”, om sout te gee, is die wortel vir die woord soldaat (“soldier”). Vandag nog het ons ‘n spreekwoord “jou sout werd wees” (om nie jou sout werd te wees nie was ‘n gruwelike belediging vir ‘n Romeinse soldaat).

Dit word vertel dat die Boere in die Anglo-Boereoorlog vleis langs die perde se nekke laat afhang het sodat die salpeter die vleis kan sout. Sout is een van daardie kommoditeite waarvan die belangrikheid maklik oorgesien word omdat dit so goedkoop en algemeen beskikbaar is.

“Survivalists” in Amerika glo dat mens voorsiening moet maak vir ‘n ruil-handel na ‘n nasionale krisis, en die ideale “geld”eenheid is (1) in groot aanvraag, en (2) maklik verdeelbaar (bv. ‘n 1 ons Krugerrand gaan nutteloos wees). Sout kan dalk aan hierdie vereiste voldoen. As die infrastruktuur nie meer daar is nie, gaan dit ook glad nie maklik wees om nuwe sout te bekom nie.

Soos vroeër genoem, sout is goedkoop en algemeen beskikbaar. Maak maar seker dat jy genoeg of te veel het.  Stoor in droë, leë koeldrankbottels om dit beter te bewaar (sout trek water).

Die Suidlanders beplan om op die 20ste September 2008 ‘n nasionale bid dag te reel. Daar sal spesifieke onderwerpe aangekondig word waarvoor ons spesifiek wil bid.

Die hoofpunt van samekoms sal wees op Klerksdorp, ons aanvaar egter dat dit nie moontlik sal wees om op daardie dag almal regoor die land daar te kan akkommodeer nie, daarom versoek ons dat alle Suidlanders in hulle eie dorpe en stede plekke sal reel waar daar vanaf 10 uur tot 11 uur die oggend saam gebid kan word.

Ons versoek u ook om asseblief die dag aan so veel moontlik mense te verkondig sodat ons op daardie dag ‘n nasionale gebedsketting kan bewerkstellig.

Ons sal dan ook van die geleendheid gebruik maak om die nuwe addisionele inisiatiewe en die Suidlander vlag amptelik bekend te stel.