Hierdie bladsy is 'n hulpbron tot voorbereiding in moeilike tye deur die Suidlanders, vir die Suidlanders. Neem asseblief kennis dat dit gereeld opgedateer word, en nuwe lesers word aangeraai om die argiewe deur te gaan van oudste tot nuutste poste. Vir meer inligting oor die Suidlanders, lees die "Suidlanders" bladsy.


Indien u op soek is na een van die DVDs wat deur die Suidlanders beskikbaar gestel is (daar is 6 DVDs - beskrywings is op die bladsye beskikbaar), kontak vir Naomi: 0728737005. Koste is R100 per DVD, plus posgeld. DVD 6 (dubbel DVD stel) is beskikbaar teen R120 + posgeld


Argief vir June, 2008

Identifikasie van die verskillende DVDs

Dit het onder ons aandag gekom dat baie mense een van die Suidlanders DVDs besit, maar nie weet watter een (van die vier) dit is nie. Om te help met identifikasie, hier is ‘n beskrywing van die aanvanklike spyskaart op elk van die DVDs.

DVD1 - 2 items, “Die Boodskap”, “Die Liedjies”.

DVD2 - 6 items, “Suidlanders Jan 2007″, “Die Liedjies”, “Boere”, “Satawu staking”, “Skare”, “Kruise”

DVD3 - 2 items, “Adriaan Snyman”, “Gustav Müller”.  Spyskaart nie ge-animeer.

DVD4 - Opskrif “Suidland DVD4″, 4 items (”Gustav Muller”, “Die Geestelike Boodskap”, “Knegte van die Allerhoogste”, en “Kontak”)

Onthou dat DVDs beskikbaar is van Naomi 0728737005, of ook by enige Suidlanders Funksie.


By Redakteur in Biblioteek  .::. (Lewer kommentaar)

Webwerf met goeie raad oor kamp-kooktegniek

Gaan kyk gerus na die volgende webwerf met inligting oor kamp-kooktegniek: In the Wake.  Die (Amerikaanse) webwerf konsentreer op oorlewing na ‘n massiewe kragonderbreking (”grid crash”).  Volg ook die skakels na die ander bladsye (spyskaart op linkerhand) vir verdere inligting (nie alles oor kooktegnieke nie).



Maak jou eie Gryp-en-Hol rugsak

Die Gryp-en-Hol rugsak (”Bug-out Bag”) word gewoonlik as eerste stop aan nuwelinge op die voorbereiding-vir-oorlewing veld aanbeveel. Daar is baie inligting op die internet beskikbaar (Google vir “Bug Out Bag”), maar dis belangrik om die rugsakinhoud aan te pas vir jou eie omstandighede.

Hierdie rugsak is gewoonlik ‘n 72-uur voorbereidings-plan, en bevat tipies wat jy nodig het om vir 72 uur sonder infrastruktuur of ander ondersteuning te oorleef. Baie mense neem die rugsak oral met hulle saam (agter in hul motor se kattebak as hulle ry), of hulle het ‘n motor-sak en ‘n huis-sak. Dit is belangrik dat die sak gereed gestoor word in die huis, omdat dit nie gewaarborg kan word dat daar tyd sal wees om die rugsak te pak in ‘n krisis nie (en heel waarskynlik sal belangrike inhoud vergeet word indien dit op die nippertjie gepak word).

Een derde van ‘n persoon se liggaamsgewig word gewoonlik as die boonste limiet op die gewig van ‘n rugsak geplaas. Dit beteken mens het tipies net ongeveer 25 kilogram om mee te speel, minder vir baie vroue. Dit is nie ‘n goeie idee om hierdie limiet te oorskry nie, omdat daar ‘n goeie kans is dat jy ver met die rugsak sal moet stap… Dit is dus belangrik om so ver as moontlik gewig te spaar. Onthou dat hierdie rugsak vir ‘n krisis voorberei word, en dat luukshede dus minder belangrik is.

Eerstens moet die rugsak kos vir 3 dae bevat. Om gewig te bespaar word “freeze dried” kos voorgestel, wat algemeen by buitelewe winkels soos Cape Union Mart beskikbaar is. ‘n “Esbit”-tipe soliede brandstof (pil) stofie met ‘n paar brandstofpille word aanbeveel. Om hierdie kos te maak benodig net kookwater. Onthou ‘n aansteker of vuurhoutjies.

Bydraend tot die hoofmaaltyd kan mens ‘n ontbytpap soos kits-”oats” ingooi, dit weeg min en is klein. ‘n Paar energiestafies en miskien ‘n sakkie met bietjie rys en ‘n blikkie boeliebief behoort mens deur drie dae te dra.  Ander moontlike ligte energie-voedsel sluit in gedroogte vrugte, en dalk ‘n pakkie grondboontjies en rosyne.

‘n Mens gaan ongeveer 3-4 liter water per dag nodig hê, veral as mens fisiek aktief gaan wees. Om drie dae se water rond te dra gaan ‘n groot gedeelte van die gewig van die rugsak opneem, so hou beslis watersuiweringspille, of ideaal, ‘n filter soos ‘n Katadyn (beskikbaar by MS Equipment) byderhand.

Om kos in voor te berei kan mens kyk na staal, aluminium of selfs die nuwe titaan (duur maar lig) pot-stelletjies. Baie mense koop aluminium “dixies” (reghoekige weermag pot-stelletjies) by buitelewe-winkels. ‘n Blikbeker of waterbottel met “fire bucket” (staal beker rondom waterbottel) is altyd handig. Onthou ook ‘n “pikstel” (mes, vurk en lepel), en moenie ‘n potskuurder vergeet nie.

‘n Klein eerstehulptassie en enige chroniese medisyne is belangrik. Onthou ook persoonlike toiletware en toiletpapier. ‘n Spaar stel stewige klere, veral indien jy daagliks netjiese klere of ‘n pak moet dra, sal nodig wees. Ons weet van iemand wat ‘n stel kamoefleer-drag in sy rugsak dra, sowel as ‘n sterk langmou-hemp en langbroek (indien dit nodig is om bv. op die platteland in ‘n winkel in te gaan, sal kamoefleerdrag aandag trek). Onthou skoon onderklere, veral sokkies, dis nie snaaks om drie dae in nat sokkies te loop net omdat jy vroeg in jou krisis deur ‘n stroompie moes loop nie.

‘n Slaapsak, kombinasie grondseil/poncho/tent, en ‘n self-opblaas matras voorsien aan die slaap-vereistes. Hierdie self-opblaas matrasse is klein, lig, en heelwat meer gemaklik as die dun spons matrassies wat stappers voorheen gebruik het.

Laastens items soos ‘n flits, ‘n lekker lang stuk of twee tou (”paracord”), en moontlik ‘n goedkoop nagemaakte “Leatherman” kan handig wees. Ander items sluit in ‘n klein Bybeltjie, notaboek en pen/potlood, kontant (’n rol of twee van 10xR5 munte en ‘n paar note), en ‘n telefoonkaart (neem geen plek op nie, kos net R20 en stel jou in staat om van meeste plekke af ‘n oproep te maak as Telkom nog werk). Opsioneel kan ‘n GPS, kaart(e), ‘n kompas handig wees, maar op hierdie stadium raak die rugsakinhoud redelik lywig.



Terugvoer: Funksies in Natal

Verlede week is daar vier funksies in Natal gehou - die terugvoer was fantasties, die mense is wakker en voorbereid.  Dit het per toeval saamgeval met die vloede wat in die omgewing ondervind is, so die omstandighede het die boodskap mooi onderstreep.  Dankie aan almal wat die funksies bygewoon het.


By Redakteur in Uncategorized  .::. (Lewer kommentaar)

En die???

Hier is ‘n fototjie wat ons per e-pos ontvang het, die foto is geneem in Westgate winkelsentrum (aan die Wes-Rand).  Geen kommentaar is nodig nie…


By Redakteur in Algemeen  .::. (Lewer kommentaar)

“Server” probleme

Redaksie is bewus daarvan dat ons diensverskaffer bediener (”server”) probleme ondervind, en dat die blad van tyd tot tyd nie beskikbaar is nie.  Ons kyk na opsies soos bv. om van diensverskaffer te verander, wees asseblief geduldig.

Baie dankie - Suidlander Redaksie


By Redakteur in Algemeen  .::. (Lewer kommentaar)

Verklaring

Die volgende verklaring is van Gustav Muller ontvang:

In die afgelope paar weke was Suid-Afrika gekonfronteer met ‘n heel ‘nuwe gewelds konsep’ naamlik, Xenofobiese aanvalle. Maandag 16 Junie 2008 maak die ANC jeugleiers die volgende uitlating en sê, dat hulle bereid is om die wapen op te neem en ook dood te maak indien dit nodig sou wees om Mnr. Jacob Zuma in die Presidentstoel te kry. Snaaks die dubbel standaarde (verdrukking en vervolging van die Suidlanders) van ons Demokratiese land. Ander organisasies soos die ANC jeugliga en by vele ander uitsprake van die verlede, mag gepraat en gesing word van wapen opneem en doodmaak, maar as ons Suidlanders vlugtelingskampe (’n gesig wat in Suid Afrika nie meer onbekend is nie) byvoorbaat in plek wil stel vir ons volk, dan word ons as ‘ver regste’, ‘ekstremistiese’ en selfs as ‘terroriste’ uitgemaak. Dit terwyl ons alles in die stryd voer om ‘n volksmoord wat ons volk in die gesig staar so te absorbeer dat ons die minimum lewensverlies sal hê.

Vlugtelingskampe? Wat is dit? Ja, dit is die woorde wat in die afgelope weke, al ons koerante vol te lees was. ‘n Term waarvoor ons Suidlanders in die verlede uitgelag was. Graag wil ons u die volgende advies gee vir die toekoms, veral op die kort termyn bedreiging wat moontlik bestaan. Daar is ‘n sterk vermoede dat hierdie Xenofobiese aanvalle weer kan en sal opvlam, aangesien daar by verskeie myne landswyd pamflette versprei is wat die buitelanders in kennis stel om die land te verlaat. Behalwe dit, haal ek enkele uittreksels aan wat in die laaste tyd in ons koerante en tydskrifte verskyn het, nl. People Magazine; - “Vigilante groups like this one are systematically traveling the informal settlements throughout South-Africa to clear out the foreighners that they claim are taking their jobs and even threatening to go to white areas to flush out workers who steal jobs.” “Xenophobia, although a term which was not readily used in South-Africa in the past, is nothing new on a global scale. Let’s not forget the horrendous 1994 genocide in Rwanda” (so ook in die Afrika geskiedenis van o.a. Mosambiek, Angola, Kenia, Kongo ens), “which killed in excess of 800 000 people, in all their brutality that racism, racial discrimination and Xenophobia are not a vanishing phenomenon.” The Times, by Nomfundu Xulu; - “We are a barbaric nation and we are our own worst nightmare. I wonder wat will happen when we finally reach our goal of thoroughly ruining our country.” Dan uitsprake soos, “The Zimbabweans is only the beginning.” en “Next is the settlers.” ens, ens. Ons woon in hierdie land waarvan hier gepraat word, daarom wil ons die volgende aan u voorstel.

Sou hierdie Xenofobiese aanvalle weer begin, om die volgende te oorweeg:

1. Indien daar enige van hierdie buitelanders by u werksaam is om hul op verlof te stuur, totdat so ‘n vlaag van geweld miskien sou verbygaan.

2. Moet nie dat hulle op of naby u woning of besighede bly tydens hierdie verlof nie.

3. Verskerp u parraatheid by u huis, oppad werk toe en by die werk deur op te let na onder andere die volgende:

  • Abnormale samedromming in die nabyheid van bogenoemde persele.
  • Optogte wat mag vorm deur die dag of nag.
  • Vermy enige samedromming of optogte, bly sover van hulle weg as moontlik.
  • Probeer uitvind by u werknemers, baie subtiel van enige verwikkelinge in hierdie verband. Wees egter verseker dat hulle u by uitsondering sal inlig, aangesien hulle ook geintimideer word, of net bloot rassisties is.

Graag wou ons net bogenoemde onder u aandag bring om u net daardie klein voorsprong van kennis te gee. Nou lê die verantwoordelikheid by u om die fisiese reëlings in plek te kry. Raak dit egter lewens gevaarlik by u woning stel ons voor dat u solank familie of vriende wat in veiliger areas woon te identifiseer en solank met hulle kontak te maak en reëlings te tref. Sou u, u huis tydelik moet verlaat. Dan hoef u nie op die nippertjie reelings te tref nie, en staan hulle deur vir u klaar oop.

Brei hierdie aanvalle so uit dat ons veiligheidsmagte dit nie kan beheer nie en gevolglik raak van ons streke lewensgevaarlik, moet u asseblief die Suidlanderweb (www.suidlanders.co.za) dophou, want daar en deur middel van ons sameroepers sal ons punte van aanmeld aan u deur gee. In ag geneem dit sal slegs gebeur in ‘n uiterste toestand, ‘n semi-Uhuru.

Ten slotte doen ons Suidlanders ‘n beroep op u om te alle tye kalm te bly en nie paniekerig te raak nie, en ook nie reg in eie hande te neem nie.  Maar eerder ons ou gesegde van, “vermy die plae waar hul val” te volg.

Graag wil ons u meedeel dat dit vir ons Suidlanders ‘n eer en ‘n voorreg is om tot diens van ons volk te wees.

Knegte van die Allerhoogste teen die hele wereld vry.

Gustav


By Redakteur in Algemeen, Veiligheid  .::. (Lewer kommentaar)

Kragonderbrekings in Nieu-Seeland?

Dit klink of Suid-Afrika nie die enigste land is waar probleme met kragvoorsiening ondervind word nie.  Volgens ‘n onlangse berig in die “New Zealand Herald” het die land vier weke voor kragonderbrekings ondervind sal word, tensy die land aansienlike reën ontvang vir hul hidro-elektriese skemas, of tensy die Nieu-Seelanders aansienlike vermindering in hul kragverbruik aanbring.


By Redakteur in Nuuskommentaar  .::. (Lewer kommentaar)

Wêreldwye finansiële krisis op pad?

Soos duidelik in die Suidlanders DVDs gestel, is ons waarskuwing gebaseer op ‘n “kruitvat-vonk” situasie in Suid(er) Afrika.  Alhoewel meeste Suidlanders ‘n politieke vonk verwag, is dit ewe moontlik dat die vonk in ‘n ander vorm kan voorkom.

In hierdie insiggewende artikel waarsku die “Royal Bank of Scotland” teen ‘n globale krediet-krisis, en ineenstorting van wêreld-aandelemarkte, oor die volgende drie maande.

Met die druk alreeds wêreldwyd hoog as gevolg van die stygende kos- en brandstofpryse, kan ‘n finansiële ineenstorting ook massiewe druk op die infrastrukture plaas.  In Europa is daar reeds betogings teen brandstofpryse (hierdie berig vertel van twee mense wat dood is in Portugal en Spanje in sulke betogings).  Interessant dat die berig noem dat Spanjaarde kos en brandstof begin opgaar!



Gereedheid vir enige krisis

Die onlangse vloede in Natal onderstreep maar net weer die wysheid van voorbereiding.  Soos een kommentator opgemerk het:  “It’s sometimes inconvenient to be prepared, it’s ALWAYS inconvenient not to be prepared”.

Die Suidlanders is voorstanders van krisis-gereedheid, en dit maak nie werklik saak wat die aard van die krisis is nie.  In Natal is daar honderde mense ontruim na veilige gebiede, baie met net die klere wat hulle aanhet.  Die korrekte oplossing is natuurlik wat die Amerikaners ‘n “bug-out bag” of BOB noem (Google self).  Dis ‘n rugsak met al nie noodsaaklikhede om vir 72 uur te oorleef.

So ‘n rugsak bevat kos en klere en die nodigste vir drie dae se oorlewing.  In ‘n latere artikel sal ons in meer detail op ‘n “gryp-en-hol” rugsak konsentreer.  Ideaal moet hierdie rugsak altyd gereed wees (gepak in jou huis), sommige mense gooi die rugsak agter in die motor wanneer hulle moet ry (mens weet nooit waar jy gaan wees as ‘n ramp toeslaan nie).

Onthou, in ‘n krisis situasie is die een status wat mens wil vermy, dié van “vlugteling”.




You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.