Navrae oor omgee-groepe ens.
Navrae wat aan hierdie webblad gerig word aangaande omgee-groepe, word so ver moontlik na persone in die betrokke area gestuur om opgevolg te word. Daar is egter nie in alle areas ‘n omgee-groep (waarvan ons bewus is) nie.
Daar word baie kritiek uitgespreek oor mense wat navrae het en nie opgevolg word nie, en onlangs ook oor die VAPs (wat nie sekere areas dek nie). Dit is belangrik om kennis te neem dat AL die Suidlander werk deur vrywilligers gedoen word. Het JY al aangebied om ‘n VAP te gaan beman in geval van krisis?
As jy nie kontak kry met ‘n omgee-groep nie, STIG een (al is dit net jou en jou familie). Gee terugvoer aan Naomi of die na hierdie bladsy met jou kontak detail, dan kan ons dalk JOU nommer vir belangstellendes in jou area gee.
Verder is daar nou weer (na ‘n lang stilte) gereelde Suidlander Funksies (met BAIE positiewe terugvoer), hierdie funksies word aangevra deur individue of groepe in die betrokke areas, en ‘n verteenwoordiger kom praat dan met die groep. Onlangse funksies sluit in Zeerust, Pietersburg, Secunda, Witbank, Nelspruit, en Bloemfontein. Indien jy ‘n Funksie wil reël, laat ons weet. Funksies is al gehou met net 15 mense teenwoordig, maar onthou asseblief dat brandstof duur is en die verteenwoordiger ‘n vrywilliger is (meeste organiseerders van funksies bied aan om die brandstofkoste te dek vir die verteenwoordiger).