Het julle al gedink wat julle sal doen as julle slegs 15 minute het om jou huis te verlaat? Hoeveel van jou voorbereidings kan jy binne 15 minute afhandel, in jou kar klim, en jou huis verlaat?

Wat as die 15 minute ‘n 3 ure waarskuwing periode is? Sal jy beter kan doen? En wat as jy heeldag het om op te pak? Is jou onttrekkingsplanne gebaseer rondom ‘n waarskuwingsperiode van 8 ure of langer?

Hierdie is nie sommer net vrae nie. Mens moet mooi gaan sit en prioritiseer, en jou verpakking van jou voorraad en toerusting so doen dat jy dit vinnig kan laai. Vir die 15 minute onttrekking scenario moet alles regstaan, jy kan nie bekostig om iets nog te moet gaan terugkry van die buurman af nie. Toerusting wat in gereelde gebruik by jou huis is, gaan moontlik moet agterbly.  Jou 15 minute lysie gaan noodwendig korter wees as die ander twee.  Maak seker dat daar niks krities op die 15 minute lys kort nie.

Is jou gesin een van daardie wat moeilik is om binne 15 minute bymekaar te kry net om te gaan fliek? Dan is hierdie pos waarskynlik meer van toepassing op jou!

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)