Gister het ek en Naomi vanaf Virginia vertrek na Villiers waar ons gister aand by my ouers gekuier het. Vandag is ons oppad na Bethlehem vir vanaand se vergadering!
Op ons pad gister, toe ons deur Kroonstad ry, skakel Tannie Annet (ons het by hulle oornag met ons Virginia vergadering) ons en se, dit gaan sleg!
Ek vra toe verbaas, hoekom? Waarna sy my meedeel, dat haar kleindogter so pas in Rustenburg ontvoer is! Ek het onmiddelik vir haar ons Sameroeper (Gert) in Rustenburg se kontak nommer gegee! Gert en `n klompie Suidlanders was binne 5 minute daar, waarop hulle ook mms’e aan al die Suidlanders in Rustenburg uitgestuur het, met n foto van die dogtertjie.
Intussen het Naomi onmiddelik sms’e uitgestuur en gevra dat die Suidlanders intree in gebed by ons Hemelse Vader, ek en sy het ook net buite Kroonstad van die pad getrek en gebid dat ons Vader verwarring sal bring en die dogter haar weg terug sal vind?!
Die dogtertjie, het ook op haar beurt n groot geveg opgesit (gebyt,geskop, met n bottel hulle geslaan ens.) en uit die bakkie gespring! `n Persoon wat die foto toe alreeds van die dogtertjie ontvang het, het haar langs die pad gesien, opgelaai en haar terug besorg aan haar ouers!!
Hulle was alreeds buite Rustenburg met haar!
Eerstens wil ek alle eer en dank aan ons Hemelse Vader gee, dat Hy ons Gebede verhoor het, en haar ongedeerd terug gegee het—Dankie Vader!!!
En tweedens, dankie Gert vir jou en jou span se spoedige en onbaatsugtige optrede!
Met hierdie optrede sal die vyand spoedig begin sien dat hier `n mag (Suidlanders) opgestaan het in hierdie land met een doel voor oe, om God se orde in SA weer te herstel!!!